Babel

The Tower of Babel (Genesis 11: 1-9)

Afrikaans


Ou Vertaling (1953)

  1. En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
  2. En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sinear; en daar het hulle gaan woon.
  3. Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
  4. En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
  5. Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
  6. En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
  7. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
  8. So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
  9. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.

Nuwe Vertaling (1983)

  1. Die hele wêreld het net een taal gepraat.
  2. Toe die mense ooswaarts getrek het, het hulle uitgekom by 'n vlakte in Sinar en daar gaan woon.
  3. Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: "Kom ons maak stene en ons brand hulle hard." Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.
  4. Toe sê hulle: "Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie."
  5. Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou het,
  6. en toe sê Hy: "Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie.
  7. Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie die ander verstaan nie."
  8. Die Here het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou met die bou van die stad.
  9. Daarom het hulle die stad Babel {Die naam "Babel" en "in verwarring bring" klink amper eenders in die Hebreeus} genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.

Information about Afrikaans | Phrases | Numbers | Family words | Time | Tower of Babel | Learning materials

Learn Afrikaans online with AfrikaansPod101

Afrikaans courses and other resources available on Amazon

Learn Afrikaans With EuroTalk Software

Tower of Babel in Germanic languages

Afrikaans, Alsatian, Anglo-Saxon / Old English, Bavarian, Danish, Dutch, English, Faroese, Frisian, German, Gothic, Gronings, Icelandic, Low Saxon / Low German, Norwegian, Palatine German, Pennsylvania German, Swabian, Swedish, Swiss German, Värmlandic, Yiddish

Other Tower of Babel translations

By language | By language family

[top]


Green Web Hosting - Kualo

Why not share this page:

Learn languages for free on Duolingo

 

Conversations - learn languages through stories

If you like this site and find it useful, you can support it by making a donation via PayPal or Patreon, or by contributing in other ways. Omniglot is how I make my living.

 

Note: all links on this site to Amazon.com, Amazon.co.uk and Amazon.fr are affiliate links. This means I earn a commission if you click on any of them and buy something. So by clicking on these links you can help to support this site.

[top]